Aanrandingsaak word ondersoek

‘n Saak van aanranding word tans deur die Polisie ondersoek nadat ‘n groep mans (aanvanklik 3) hul as kontrakteurs van die Stad voorgedoen het wat die watermeter moet vervang.
Hulle het onder valse voorwendsel gedeeltelike toegang tot ‘n woonperseel in Wessel Lourens Rylaan bekom. Gelukkig het die inwoner (dame) kopgehou en vêrdere toegang geweier, aangesien hulle nie identifikasie kon verskaf nie. Ongelukkig het een haar toe aangerand en versoek om stil te bly. Sy het ongeag van sy versoek hard begin gil, en met die honde in die huis asook tuinman, het hulle gelukkig besluit om te vlug.
Die Vredekloof skoonmaakspan was in die omgewing besig en het 5 swartmans verby hul sien hardloop. Een van hulle het gevra, “why are you guys running?”, en die antwoord was, “they are beating us inside here!” Die skoonmakers het onraad gemerk en hulle agtervolg. By die robot in De Bronweg, kon hulle net sien hoe die 5-stuks in 2 voertuie wat in De Bronweg geparkeer was, inspring en weg jaag.
Met die hulp van die skoonmakers en die koerantman, kon ons wel ‘n beskrywing van die 2 voertuie bekom. Aanvanklik het dit voorgekom asof die verdagtes die woongebied te voet binnegekom het, maar na ‘n paar ure se ondersoek en deurwerk van die video beeldmateriaal, kon ons wel die voertuie identifiseer en hul modus operandi bepaal. Beide voertuie het op verskillende tye die woongebied binnegekom, van hul passasiers afgelaai, en tyd by die Glengary winkelsentrum gaan verwyl. Met behulp van ‘n selfoonoproep was die 2 verdagte voertuie, op die regte tyd, weer in De Bronweg om die 5-stuks op te laai.
Die ondersoek het reeds vêr gevorder en is ons oortuig dat die verdagtes binne-kort gearresteer sal word.
Ons wil graag weer ‘n beroep op inwoners doen, om ALLE verdagte situasies te rapporteer. Moet NOOIT iemand op jou perseel toelaat sonder dat hy of sy identiteit bevestig is nie.
Enige kontrakteur wie nie direk met u vir ‘n afspraak gereël het nie, moet eers by die Vredekloof Beheerkamer aanmeld. MOENIEsommer net iemand se woord aanvaar nie – skakel die Beheerkamer en maak seker en/of roep die sekuriteit uit.

EMERGENCY NUMBERS

24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872

021-981 2040

021-945 1180 (SJC Control Room)

PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135

VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za

Brackenfell Police Station:
021 980 5700

SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427

Power Failures:

(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089

Water Services:
0860 103 054

CoCT Service Delivery Complaints

For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:

e-mail:contact.us@capetown.gov.za

SMS 31373 (160 characters) or

Phone 0860 103 089

This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.

vredekloof_icon