2 Vermeende Inbrekers gearresteer!

Ons honde het vanoggend om 1 uur begin blaf en was baie onrustig. My man het by al die vensters gekyk of hy iemand / iets kon sien. By die voordeur het hy deur die venster gekyk en iets onder die boom in die voortuin opgemerk. Hy het na die eetkamervenster gegaan en 2 persone sien staan agter die boom. Hy het by die voordeur uitgegaan en op hulle geskree: “Wat soek julle of wat maak julle hier?” My man het opgemerk die een was lank met ‘n wit mus op sy kop en die ander een heelwat korter. Kon nie sien wat se klere hulle aan het nie, dit was donker op die kol waar hulle gestaan het. Die wit mus het uitgestaan in die donker.

Hulle het geskrik en laat spaander die pad af na Wessel Lourens Straat se rigting. Ek het die kontrolekamer geskakel ongeveer 1h15. Dit was soos blits en almal het reageer en was daar binne minute ‘n sekuriteitsman in sy motor by ons huis om als te inspekteer.

Kort daarna was daar weer sekurieteitsmense by ons voordeur om te hoor wat het gebeur en om 1h50 het 4 / 5 sekuriteitsmanne en polisie kom rapporteer dat hulle 2 swart jongmans gevang het waar hulle in Wessel Lourens Straat in ‘n huis se tuin weggekruip het.

Ons is vol lof vir die vinnige, professionele, wakker, en flinke manier wat die manne opgetree het. Ons is ook trots op ons 2 honde wat ons altyd waarsku as hulle ‘n beweging op die erf hoor. So het ons ‘n moontlike inbraak en tragedie voorkom. Al wat ek wil sê is: “Puik werk mense, Vredekloof kan baie trots wees op julle almal. Ons wens julle alles van die beste en sterkte toe vir julle harde, onbaatsugtige werk!”

 

EMERGENCY NUMBERS

24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872

021-981 2040

021-945 1180 (SJC Control Room)

PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135

VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za

Brackenfell Police Station:
021 980 5700

SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427

Power Failures:

(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089

Water Services:
0860 103 054

CoCT Service Delivery Complaints

For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:

e-mail:contact.us@capetown.gov.za

SMS 31373 (160 characters) or

Phone 0860 103 089

This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.

vredekloof_icon