We care - Ons gee om

Rocco van Wyk en gesin – Vlamboom 8

Rocco se vader (84) is vanoggend skielik oorlede. Hy was nie siek nie en is voor sy rekenaar, waar hy nog sit en werk het, oorlede. Ons dink aan die Van Wyk gesin in ons gebede.

Frans Du Preez – Wessel Lourens 84

"Oom Frans", soos hy bekend was by die meeste van ons, is op 27 Desember 2015 oorlede. Sy siekte het oor 'n redelike tydperk gestrek en het hy ook gereëld behandeling ontvang, maar nooit het hy gekla nie. Wanneer jy sou vra hoe dit met hom gaan was sy antwoord feitlik altyd soos volg: "ek het baie om voor dankbaar te wees." Oom Frans was 'n ware vriend met baie belangstelling en omgee in sy hart. Hy was ook 'n Direkteur van die Vredekloof CID. Sy gedenkdiens was vandag vanuit die Gemeente op die Rots in Protea Hoogte, waar hy ook vir baie jare 'n groot bydrae gelewer het. Baie sterkte aan Tannie Rut, kinders en familie vir die tyd wat voorlê.

Sakkie Oosthuisen – Wessel Lourens 26

Sakkie is tans baie baie siek. Dit is op hierdie stadium wat besoeke en woorde nie meer veel kan verrig nie ..... sy familie is besig om afskeid te neem! "Ons dra julle op in ons gebede met die wete dat Hy steeds jul enigste anker is."

Johannes Calitz – Silwerbeeck 21

Johannes died last night of a heart attack. We will think of his wife and family in our prayers.

Lokkie Pistorius – Kannabas 9

Lokkie is oorlede aan 'n hartaanval. Ons dink aan die Pistorius-gesin in ons gebede.

Elzette Witte – Vredekloof 6

Elzette is gediagnoseer met kanker en ons dink aan die Witte gesin.

Jeanette Wiehahn – Peperboom 26

"As some might already know, my wife Jeanette has recently been diagnosed with metastatic malignant melanoma, a form of skin cancer that has spread to the liver making it stage 4 and very dangerous. I have setup this group (facebook) to act as a place where people can come together and pray for Jeanette's well being as well as receive updates on how she is doing." Jeanette, haar man en 2-jarige dogtertjie, woon tans in London en is die skoondogter van Leon en Carin Brynard. "Ons dink aan hulle in ons gebede." September 2013: Hulle het vir 4 weke gedurende Junie/Julie in SA gekuier en kort na hul terukeer na London het die Dokters meegedeel dat hulle niks meer vir Jeanette kan doen nie en was die prognose 2 maande, vanaf 17 September. Hulle het dadelik besluit om op-te-pak in London en terug te keer na SA. Jeanette, haar ma en hul dogtertjie het Maandag 23 September in SA geland, Dinsdag 24 September het sy in 'n koma gegaan, en Donderdag 26 September is sy oorlede. "Baie sterkte aan die familie vir die tyd wat voorlê!"

Pierre du Preez – Wessel Lourens 84

Pierre du Preez, seun van Frans du Preez (Direkteur van VCID), het Sondagaand  in 'n motorfietsongeluk gesterf. "Oom Frans, ons dink aan jul familie en sal jul in ons gebede dra."

EMERGENCY NUMBERS

24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872

021-981 2040

021-945 1180 (SJC Control Room)

PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135

VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za

Brackenfell Police Station:
021 980 5700

SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427

Power Failures:

(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089

Water Services:
0860 103 054

CoCT Service Delivery Complaints

For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:

e-mail:contact.us@capetown.gov.za

SMS 31373 (160 characters) or

Phone 0860 103 089

This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.

vredekloof_icon