‘n Nes van bedrieërs oopgekrap!

Die volgende berig het in die Tygerburger van 11/09/2013 verskyn en wil ons net die volgende regstelling doen: Dit was nie ‘n gastehuis in Vredekloof nie, maar aangrensend tot Vredekloof.

“’n Nes van bedrieërs is verlede week in ’n spogbuurt van Brackenfell deur die polisie oopgekrap.

Twee van die agt beskuldigdes wat by ’n gastehuis in Vredekloof vasgetrek is vir bedrog,sal môre in die Kuilsrivier-landdroshofverskyn vir ’n formele borgaansoek.

’n Polisie-optrede by die gastehuis, waar die verdagtes tuisgegaan het, het Vrydagaandom 21:30 plaasgevind nadat konst. Francois Saim van die misdaadintelligensie-kantoor, inligting ontvanghet oor kriminele aktiwiteite.

Die agt verdagtes – vier mans en viervroue – was ongeveertwee weke by die gastehuis woonagtig.

Saim en vyf ander lede het die verskeie kamers deurgesoek en afgekom op 23 gesteelde of moontlike vervalste identiteitsdokumente,49 bankkaarte van al die groot kommersielebanke en 20 handelskaarte van groot kettingwinkels.

Daar is ook beslag gelê op vier nuwe selfone met ’n waarde van R22 000 en ’n wit BMW. Volgens ao. Erica Crous, woordvoerdervan die Brackenfell-polisie, is al agt mense in hegtenis geneem. Twee van die mans is burgers van Pakistan, en die ander twee mans afkomstig van KwaZulu-Natal.

Die vier vroue is ook afkomstig van Durban in Kwazula-Natal.

Volgens Crous het dié sindikaat die identiteitsdokumenteen betaalstrokies, wat vermoedelik gesteel is, gebruik om wettige rekeninge by banke en kettingwinkels oop te maak.

“Groot tjek- en kredietrekeninge is by aldie groot banke oopgemaak. Verder is klererekeninge en selfs selfoonrekeninge by dieverskeie diensverskaffers oopgemaak,” sê sy.  Volgens Crous is dié rekeninge dan nooit vereffen nie en die goedere en selfone is vir kontant verkoop.

Die Polisie vermoed dat die onwettige transaksies tot honderde duisende rande kan beloop as jy die aantal kaarte in ag neem.

Hulle vermoed ook dat die voertuig op dieselfde manier onwettig aangekoop is.

“Die ondersoek het tot dusver getoon dat die meerderheid van die rekeninge by winkels en banke in die Cape Gate-sentrumgeopen is.“ Daar is egter ook ’n paar rekeninge in ander stede, soos Port Elizabeth, opgespoor,”sê sy.

Volgens Crous is al die betrokke banke reeds gekontak en betrokke by die ondersoek, en vermoed die polisie in die stadium dat die inhegtenisnemings net die puntjievan die ysberg is.

Die ander ses verdagtes het Maandag vlugtig in dieselfde hof verskyn, maar bly in aanhouding vir verdere ondersoek. Volgens Crous sal die polisie die borgaansoeke teenstaan.”

– Tygerburger

EMERGENCY NUMBERS

24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872

021-981 2040

021-945 1180 (SJC Control Room)

PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135

VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za

Brackenfell Police Station:
021 980 5700

SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427

Power Failures:

(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089

Water Services:
0860 103 054

CoCT Service Delivery Complaints

For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:

e-mail:contact.us@capetown.gov.za

SMS 31373 (160 characters) or

Phone 0860 103 089

This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.

vredekloof_icon