SEKERHEIDSBEAMPTES AANGEKEER NÁ KAPING EN INBRAAK IN BRACKENFELL
By Desireé Rorke (@dezzierorke)
2014-10-28 00:00
Vier sekerheidsbeamptes van ’n plaaslike sekerheidsfirma is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hulle glo vroeër die oggend betrokke was by ’n inbraak en kaping by ’n sake-onderneming in Brackenfell.
Die vier beamptes van SJC verskyn Woensdag in die Blue Downs-landdroshof.
Volgens ao. Erica Crous, woordervoerder van die Brackenfell-polisie, is die bestuurder en kroegman van Smugglers in Vredekloof tussen 02:30 en 03:15 Maandagoggend in die oprit van die bestuurder se huis in Proteahoogte gekaap, nadat hulle hul werksplek gesluit het.
“Drie mans, van wie twee gewapen was, het met die twee mans in die kar weggery en hulle later in die Bottelarypad afgelaai,” sê sy.
Na bewering was die sleutels van die kroeg in die bestuurder van die kroeg se gekaapte voertuig.
Volgens Crous is daar later vasgestel dat daar by dieselfde kroeg, Smugglers in Vredekloof, ingebreek is en ’n onbekende bedrag kontant gesteel is.
“Die polisie het inligting bekom dat een van die verdagtes, ’n sekerheidsbeampte van SJC naby die perseel opgemerk is en ná verdere ondersoek is hy gearresteer. Die ander drie verdagtes is later die oggend deur die polisie vasgekeer, ook ná verdere ondersoek,” sê Crous.
’n Saak van motorvoertuigkaping en huisbraak by ’n sakeperseel word tans ondersoek.
Charl du Toit, eienaar van SJC Sekuriteit, het aan TygerBurger gesê dat hy geskok was oor die voorval.
“Ons doen alles in ons vermoë om die polisie met hul ondersoek te help en is ook besig met ons eie ondersoek. Ons het ’n goeie naam in die gemeenskap en werk nou saam met die buurtwagte in Brackenfell om misdaad te bekamp,” het hy gesê.
– TygerBurger
(Die insident was nie in Vredekloof nie, maar by die klein sentrum op De Bronweg – ook bekend as Vredekloof-Oos)
- Wat kon die Maatskappy (SJC of enige ander maatskappy) doen om hierdie tipe optrede en insidente van personeel te voorkom of verhoed? – behalwe vir die nodige kriminele ondersoeke of moontlike polligraaf toetse, nie veel nie, want ons werk met mense. (Nie een van hierdie 4 het vorige kriminele oortredings nie)
- Kan die Maatskappy verantwoordelik gehou word vir die optrede van hul personeel? – ja, veral wanneer daar fisiese skade is.
- Kan die Maatskappy blameer word wanneer senior personeel die gedragskode van die Maatskappy en/of industrie oortree? Indien jy die sukses wat met misdaad voorkoming behaal is in ag neem, nie regtig nie. Dit is die menslike element en gierigheid van individue wat hier ter sprake kom.
- Die Maatskappy se hantering van die insident en optrede daarna, dra baie gewig. Drie van die vier verdagtes is deur SJC self gearresteer en aan die polisie oorhandig. Die Polisie het bevestig dat hulle die volle samewerking van SJC in die ondersoek het.
- Is hierdie voorval uniek? Dit is wel skokkend maar nie uniek nie, nie eers in die polisie nie!
- Sou ons besluit om hul af te dank, is ons gewaarborg dat so ‘n insident nie met ‘n volgende diensverskaffer sal gebeur nie? Nee, daar is geen waarborg nie.
Hierdie voorval en insident is ‘n “wake-up call” vir almal – die Sekuriteitsbedryf in sy geheel, die SAPD, die Gemeenskap en breë Publiek. Ons vertrou te maklik. Dit beteken nie almal moet wantrou word nie, maar meer “checks and balances” moet in plek wees.
Sonder om die betrokke daad te kondoneer, het die Direksie besluit om op hierdie stadium die “status quo” te behou op grond van:
- Die goeie diens wat ons oor tyd van die Bestuur en die Maatskappy in die algemeen ontvang het
- Ons goeie misdaad rekord
- Die maatreëls wat onsself in plek het om hierdie tipe voorval te minimaliseer of dalk selfs te verhoed
- Daar geen waarborg is dat so ‘n insident nie met ‘n ander diensverskaffer kan gebeur of dalk al gebeur het nie
- Die ondersoek duur voort
– Vredekloof CID
During my term of office as the Chairperson of the Brackenfell Community Police forum, we also had to deal with incidents of crime which involved members of a Neighborhood Watch – who do you trust?
The reality is that crime and criminals are everywhere. The following is an extract of a recent article in the Eye Witness News, “HOUT BAY JEWELERY STORE LATEST ROBBERY TARGET, witnesses confirmed that the gang of robbers included three men dressed as police officers”. This leaves me with two questions:
- Do we now fire the police, or
- Do we fire the police officers involved and help to get them convicted for the crime committed?
– Leon Brynard
EMERGENCY NUMBERS
24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872
021-981 2040
021-945 1180 (SJC Control Room)
PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135
VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za
Brackenfell Police Station:
021 980 5700
SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427
Power Failures:
(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089
Water Services:
0860 103 054
CoCT Service Delivery Complaints
For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:
e-mail:contact.us@capetown.gov.za
SMS 31373 (160 characters) or
Phone 0860 103 089
This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.