Stad sê daar ís begroot

Desirée Rorke @Dezzierorke

Ná ’n pad-ondersoek wat sowat 180 dae geneem het om af te handel, het die Stad Kaapstad verlede week aangedui dat daar binne die volgende vier maande verkeerstekens aangebring sal word op ’n gevaarlike draai by ’n kruising in Vredekloof.

Dié kruising op die hoek van Mushetstraat en Lanzeracsingel, waar vele ongelukke al gebeur het, hou ’n wesenlike gevaar in vir kinders in die stil singel.
Die Vredekloof-stadsverbeteringsdistrik (SVD) het in Februarie dringend vir ’n verkeersteken by die singel gevra, maar het tot nou nog geen terugvoering oor hul versoek van die Stad ontvang nie.
Volgens Leon Brynard van die SVD-bestuur is hy deur die Stad ingelig dat die afhandelingstyd vir sulke ondersoeke tussen 90 en 110 dae is.
“Ek het gereeld e-posse gestuur om die versoek op te volg, maar het net geen terugvoering ontvang nie,” sê Brynard. Dít, terwyl inwoners daagliks hul asem ophou.
“Ons is almal bekommerd oor die kinders. Die kruising is ’n ongeluk wat wag om te gebeur. Gaan die Stad verantwoordelikheid aanvaar as ’n kind hier raakgery word? vra ’n inwoner, Coen van Greunen.
In antwoord op ’n medianavraag het die Stad op 18 Augustus aan TygerBurger gesê dat die nodige begroting wel deur die vervoerdirektoraat toegewys is om die verkeerstekens in die huidige boekjaar aan te bring.
Luthando Tyhalibongo, die Stad se woordvoerder, het ook om verskoning gevra vir die vertraging in kommunikasie oor die aangeleentheid en wil inwoners verseker dat by die kruising ingegryp sal word.
“Die Stad se vervoerdirektoraat ontvang ’n groot aantal soortgelyke versoeke van reg oor die stad. Daarom duur dit gewoonlik 120 dae vir ’n ondersoek en terugvoer. Ons moet byvoeg dat die betrokke streekspan ook noemenswaardige beperkings in vermoë ondervind, wat die vertraging vererger het. Daar word tans ingegryp om dié vermoë te versterk,” sê Tyhalibongo.
“Ons moes die belastingbetalers van Vredekloof ingelig het oor die vertraging en hersiene tydsraamwerk toe dit duidelik geword het dat ons nie die ondersoekproses betyds sou kon voltooi nie. Die Stad vra om verskoning vir die oorsig. Ons werk daaraan om ons kommunikasie en terugvoer te verbeter.”
Tyhalibongo sê termyntenders word in groeperings vir die groter gebied toegeken, wat dan sistematies in werking gestel word.
As alles volgens plan verloop, sal stoptekens binne die volgende vier maande opgerig word.
Teen druktyd Maandagoggend het die Vredekloof-stadsverbeteringsdistrik self nog geen terugvoering van die vervoerdirektoraat oor die aangeleentheid ontvang nie.

EMERGENCY NUMBERS

24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872

021-981 2040

021-945 1180 (SJC Control Room)

PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135

VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za

Brackenfell Police Station:
021 980 5700

SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427

Power Failures:

(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089

Water Services:
0860 103 054

CoCT Service Delivery Complaints

For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:

e-mail:contact.us@capetown.gov.za

SMS 31373 (160 characters) or

Phone 0860 103 089

This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.

vredekloof_icon