Vinkel & Koljander
NUUSVRYSTELLING
VINKEL & KOLJANDER
11 April tot 4 Julie
(13 episodes)
NUWE REEKS VINKEL & KOLJANDER BELOOF GROOT VERMAAK
Dié nuwe sitkom wat 11 April om 20:30 op kykNET begin, draai om die daaglikse doen en late van die Solomons-gesin van Harfield Village, Claremont. Die hoofkarakters, Cheryl en Neesha Solomons, word vertolk deur Quanita Adams, wat ook skepper en hoofskrywer van die reeks is, en Celeste Matthews. Dié twee is Vinkel & Koljander, maar die een is in dié geval dikwels nie soos die ander…
Cheryl (Quanita Adams) is Neesha (Celeste Matthews) se skoondogter en hulle sit glad nie langs dieselfde vuur nie. Sy is getroud met Neesha se oudste seun Riyaan Solomons (Sherman Pharo). Cheryl is ‘n entoesiastiese chef en vasbeslote om haar spysenieringsmaatskappy wat tydens die resessie ondergegaan het weer op die been te bring. Sy is ’n regte foodie; uiters kreatief en passievol.
Neesha, self ‘n bobaas kok, is bekend in die gemeenskap vir haar tradisionele Kaaps-Maleise kookkuns. Sy’t ‘n kompeterende verhouding met Cheryl en sy vind nie aanklank by haar kookstyl nie. Hulle woon in dieselfde huis en die twee vroue moet noodgedwonge ’n kombuis deel met rampspoedige gevolge. Die kultuur- en geloofsverskille tussen haar en Cheryl veroorsaak ook verdere konflik in hul verhouding en Riyaan moet behoorlik bontstaan om die vrede te bewaar.
“Vinkel & Koljander het die perfekte resep vir vermaak – dinge raak warm as twee vroue met totaal uiteenlopende persoonlikhede en verskillende geloofsoortuigings ‘n kombuis moet deel.” – Quanita Adams, Vinkel & Koljander-aktrise, skepper en hoofskrywer.
Ander karakters in die reeks is Alida Combrink (Tarryn Wyngaard), Cheryl se 18-jarige dogter uit haar vorige huwelik met Erik Combrink (Louw Venter); Waanie Solomons (Grant Powell) is Neesha se jongste seun wat gedurig besig is met een of ander kreatiewe plan om vinnig geld te maak; Antie Cathy Claassen (Margot Luyt) is Neesha se beste vriendin en die Solomons-gesin se buurvrou; Chris Fourie (Pascual Wakefield) is Cheryl se sous chef en in die geheim smoorverlief op Alida, Cheryl se dogter.
Ons ontmoet die gesin kort nadat Cheryl van ‘n realiteits-kookprogram afgeskop is. In haar laaste uitdaging wou sy een van Neesha se breyani-resepte maak, maar in ‘n poging om kreatief te wees het sy van die resep afgewyk en dit was ‘n flop. Aanvanklik wil sy niks van kosmaak weet nie en die gesin probeer alles in hul vermoë om haar weer agter die kospotte te kry. Ironies genoeg is dit Neesha wat Cheryl weer haar passie vir kosmaak help ontdek. Cheryl se ideaal is om ‘n persoonlike chef te word wat na mense se huise gaan en klein intieme geleenthede behartig. Oor die loop van dertien episodes sien ons hoe sy verskeie uitdagings aanvat om haar kliënte-basis op te bou om haar nuwe besigheid te vestig. Sy droom daarvan om by die Fine Wine & Dine Show op te tree om blootstelling aan haar besigheid te gee. Neesha aan die anderkant wil graag ‘n tuisnywerheid vestig en op so ‘n manier genoeg geld spaar om op Hajj, die heilige pelgrimstog na Mekka te gaan.
Vinkel & Koljander is ‘n 13-episode sitkom geskep deur Quanita Adams (ook bekend vir haar rol as Zadie September in kykNET se Binnelanders). Sy is ook hoofskrywer van die reeks saam met Louw Venter (tans te sien in Die Boekklub op kykNET). Die regie word behartig deur Venter en David Isaacs (van Joe Barber faam). Mia Breet is die kreatiewe vervaardiger namens Paw Paw Films en Anél King, inwoner van Vredekloof en eienaar van die huis waar die sitcom vervaardig is, is die produksiebestuuder.
EMERGENCY NUMBERS
24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872
021-981 2040
021-945 1180 (SJC Control Room)
PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135
VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za
Brackenfell Police Station:
021 980 5700
SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427
Power Failures:
(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089
Water Services:
0860 103 054
CoCT Service Delivery Complaints
For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:
e-mail:contact.us@capetown.gov.za
SMS 31373 (160 characters) or
Phone 0860 103 089
This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.