Visse in die Wessel Lourensdam

Ons het die Stad genader vir ‘n moontlike oplossing vir die lae watervlak van die Wessel Lourensdam en die visse wat gevolglik besig is om te vrek. Dit was in kort die antwoord vanaf verskillende departemente:

PARKE:

Die dam en die watervlak is ‘n Stormwater kwessie en die dierelewe daarin is ‘n uitvloeisel van die mensgemaakte situasie. Hierdie visse is of verklaarde peste of ongewensde spesies – wat deur hengelaars hierheen gebring was vir hul gebruik. Hierdie uitheemse bodemvreters vertroebel die water en daardeur verhoed hul die teenwoordigheid van inheemse spesies, wat jag op sig ens.

Met te min water sal die karpe, mosquito fish (verklaarde peste – NEMBA wetgewing) en katvisse (ongewensde spesies) vrek. Sommige spesies van laasgenoemde kan blykbaar nog ‘n tyd in modder oorleef.

Die vraag is dan, moet die Stad tyd, moeite en geld spandeer om verklaarde peste en ongewensde spesies te red en sodoende inheemse spesies verder onderdruk, of is hierdie ‘n geleentheid om van die ongewensde visse ontslae te raak? Hierdie is egter nie vir Stadsparke om te besluit hoe die komplekse probleem aangespreek behoort te word nie.

STORMWATER:

Die probleem aan my kant is dat ek baie sulke damme in die Distrik het en dat water te skaars en duur is.

Invasive Species Unit

Dit is heeltemal korrek wat betref die indringer status van die visse.

Die stad sal die NEMBA wetgewing verbreek indien ons die indringer visse red of verplaas na n ander dam.

Dit is nie lekker om goed te sien doodgaan nie, maar aangesien dit indringer spesies is, moet ons dit laat gebeur. (Die natuur gaan sy gang)

Vir meer inligting oor indringer spesies, besoek gerus http://www.capetowninvasives.org.za/

EMERGENCY NUMBERS

24 Hour CONTROL ROOM:
0860 123 VSC
0860 123 872

021-981 2040

021-945 1180 (SJC Control Room)

PATROLLING VEHICLE:
073 647 3135

VCID OFFICE (8:30am - 4:30pm):
021 981 3303 manager@vredekloof.co.za

Brackenfell Police Station:
021 980 5700

SAPS Sector 4 Policing (Vredekloof):
079 894 1427

Power Failures:

(General, prepaid, loadshedding and faults)
0860 103 089

Water Services:
0860 103 054

CoCT Service Delivery Complaints

For All service delivery complaints make use of the C3 electronic Reporting System:

e-mail:contact.us@capetown.gov.za

SMS 31373 (160 characters) or

Phone 0860 103 089

This C3 reporting system ensures that your contact is logged & a reference number will track progress.

vredekloof_icon